Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "god het jou laat val" deur CHARL DURAND
"god het jou laat val" deur CHARL DURAND [boodskap #8286] Vr, 31 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
god het jou laat val
(vir sd 1961-1996)
Charl Durand

god het jou laat val
toe hy tussen die dorings deurstap
god verniel erg
as hy so voel

god staan buite die kerk
en kyk hoe die tuinjong spit
god dra almal wat jy liefhet
maar net so ver

ek wou graag hê jy moes glo
nou sou jy sê I told you so
vergeefsheid was vir my sonde
maar jy't sinies gelag

god blaas jou rond soos stof
hy vergeet jou op die rak
jy sal nooit weer bel nie
maar die seer is erg genoeg

god het jou laat val
tussen die dorings en die sand
god preek nie vanaand nie
want jou hartklop het hy kortgeknip

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER
Volgende onderwerp: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 21:20:55 MGT 2024